Twee jong mense is nou klaar met die stad en het kom kyk na die moontlikhede in die platteland. Terrick is 'n kenner van E bemarking op die Internet. Hy is klaar gereed om enigiemand hier te help wat meer aandag op hulle webblad wil plaas. En sy vrou is opgelei om "probleem kinders" te help om aan te pas.
Ek hoop ons kan hulle van die stad afspeen en hier in ons omgewing vestig.
Sunday, March 31, 2013
Saturday, March 30, 2013
Leer handwerk
In die sweet van jou
aangesig -Die groei in ambagskuns is ’n groot tendens wêreldwyd, soos ons ook
onlangs by die Design Indaba in Kaapstad gesien het. Al hoe meer mense besluit
om ’n lewe te maak uit hulle kreatiewe handearbeid, maar wat motiveer hulle? Ambagskunstenaars
gee ons die storie agter die storie. “Daar is min dinge so bevredigend as om
iets met jou eie hande te maak,” verklaar Otto, wie se beeldhou- en
metaalgiet-onderneming, Bronze Age, in Kaapstad gietwerk doen vir van die land
se voorste kunstenaars. Wat dink jy is ’n móét vir elke ambagsman? Leer by ’n
meester. Veral as jy nie kan gaan studeer nie – reël vir jouself ’n vakmanskap
by iemand wat regtig hulle storie ken. “Die moontlikhede is eindeloos! Dís die
groot voordeel van ’n ambag beklee en vir jouself werk: Hoe meer jy insit, hoe
meer gaan jy uitkry.” Wat is jou raad vir jong ambagsmanne? Doen moeite om
sakekennis op te doen, só iets is
noodsaaklik as jy jou ambag jou inkomste wil maak, aldus Jeanne Calitz van
Rapport.
Leerlinge by die SA Leer Akademie vra my gereeld- “Sal ek ‘n
sukses van my sake onderneming maak?” Die antwoord is opgesluit in jou eie
“aanhou-en-wen” houding. Hoekom kan een leerwerker R12,000 vir haar handsak vra,
hoekom kan ‘n ander een se werk trots op die winkelrakke teen R34 000 verskyn. Hoekom
is een leerwerker wat sy eie winkel het, se rakke leeg gekoop? Die antwoord is
in jou gesindheid. Jy het die gereedskap en kennis – nou moet jy jou mens-trots
wys in jou handwerk.
Die behoefte is voorwaar daar vir goeie gehalte hand
vervaardigde leer artikels. Nou is dit jou beurt om die mark te ontdek. Die
vrae is: Wat wil die mark hê? Kan ek dit doen? Is my gehalte goed
genoeg? Hoe vertel ek die mark?
Die antwoord is eintlik baie maklik: Ondersoek gereeld die
mark en kyk wat bemark die groot verkopers. Oefen en maak foute tot jy weet jou
gehalte is beter as die winkel rak s’n. Bemark jou produkte deur aandag te
skenk aan al die fasette van bemarkings-kommunikasie.
- · Verkoops-advertensies soos Gumtree en OLX – dis gratis
- · Kry ‘n logo maar sit dit net op werk waarmee jy baie trots kan wees
- · Skep ‘n blog en hou dit lewendig
- · Begin Twit
- · Kry ‘n internet webblad en ‘n kenner wat jou raad kan gee.
- · Gee soveel besigheidskaartjies uit as wat jy kan- veral met elke sak wat jy verkoop
- · Doen praatjies by groepe soos jou plaaslike Vroue groepe
- · Begin deur ‘n tafel te kry by ‘n buitelug mark – net die goeies
- · Kontak gereeld jou plaaslike koerant
- · Doen radio onderhoude
- · Sluit by handwerk organisasies soos die CCDI in Kaapstad aan
- · Moet nooit te skaam wees om oral, altyd mense van jou leer kunswerke te vertel nie
- Moet nooit mense langer as agt uur laat wag vir jou terug kommunikasie as jy 'n navraag kry nie
Learn
LEARNING FROM HISTORY –SHOULD BE HORRORSTORY
The French revolution (1789-1799) Amidst a fiscal crisis, the
common people of France were increasingly angered by the incompetency of King
Louis XVI and the continued indifference and decadence of the aristocracy. The
Russian revolution (1917) During this chaotic period there were frequent
mutinies, protests and many strikes. South Africa (1994 -2013) The South
African farming community has suffered from attacks for many years. Strikes –
On virtually every level strikes are taking place – for lack of service
delivery, in the mining industry, Telkom, magistrates, and more.
History has shown, and should teach us, to see the signs of
unrest. Look at the history of revolutions. In each and every case it was about
the haves and the have nots. The old saying about feasting while London was
burning, or “Give the people cake” when they did not have bread, all shown the
lack of recognition to the first glowing embers of future fire against the
leaders. Listen to the people, they are the ones who allowed you the right to
lead. Play leadership, not politics!
Wednesday, March 27, 2013
Doeners
As ons saamstaan kan ons verseker dat ons aanstaande jaar goed opgeleide mense kan aanstel om die dienste aan ons te lewer.
Maar dan moet ons tuis begin. Maak jouself, jou vriende en wyer kringe bewus daarvan- as ons ons stemme stil hou, is ons deel van dit wat ons na die verkiesing gaan kry.
Kyk na die geskiedenis van eerlikheid, egtheid en diensbaarheid van sommige van ons huidige politici.
Hulle verkoop hul deelname aan diegene wat hulle die beste deel van die geld-koekie aanbied. Hul "sogenaamde lojaliteit" het 'n prys.
Demmit mense, moenie jul stemme volgende jaar wegsteek nie.
Stem vir mense wat DOENERS is, nie eie soekers nie!

Tuesday, March 26, 2013
Klas verskille
Dit wil my voorkom dat daar vyf klasse mense in Vanrhynsdorp woon:
En dan, dat daar profesionele mense is wat hul dienste vir geld verkoop maar vir wie die inkomste verhewe is bo hul taak om te dien?
Waar staan jy?
- Diegene wat geld het en almal moet dit weet. Hul glo dat hul geld, nie hul persoonlikheid nie, hul verhewe hou bo die "plebs" wat nie soveel geld het nie.
- Daardie klein groepie wat hul nie steur aan hul finansiele status nie maar tyd het vir hul medemens. Die mense groet almal, ongeag. Hulle is daar vir hul medemens.
- Die groepie wat rustig hier kom bly het, die dorp en sy omgewing ondersteun, gewoonlik goed opgelei en belese hul lewe ly.
- Die windgat groepie wat in hul kliek hulself sien as "beter".
- Die finansieel gestremdes wat maar moet sien en kom klaar.
En dan, dat daar profesionele mense is wat hul dienste vir geld verkoop maar vir wie die inkomste verhewe is bo hul taak om te dien?
Waar staan jy?
Sunday, March 17, 2013
Gemeensaamheid
Dit is 'n moeilike begrip. Maar eintlik beteken dit dat ons as gemeenskap saamstaan. Ons help mekaar, is daar vir mekaar en sorg vir mekaar.
Hier in ons dorpie, Vanrhynsdorp, is dit nie altoos so nie. Nogal jammer.
Want, veral in die toerisme lewe is ons op mekaar aangewese. Die Leer Akademie het verlede jaar 90 nagte se slaap in Vanrhynsdorp ingebring. Nie by ons nie maar by gastehuise in die dorp.
En as ons mense hier oplei is dit ons gewoonte om hulle van ons gebied te vertel en toekomstige toeriste te skep.
As ons almal dit doen sal ons almal daaruit wen. Dink bietjie daaroor.

Wednesday, March 13, 2013
Dumb or wise management
The ruler
can surround himself with fools or wisdom.
IF YOU
MANAGE, SURROUNDED BY FOOLS:
It is true
- · that fools will agree with the ruler;
- · make him feel greater than he is;
- · the ruler will always have to be wary of “friends” who wants his “crown”;
- · they will ensure he gets only positive news;
- · they will lie to him regarding bad news;
- · they will ensure fiscal decay;
- · they will kowtow to the ruler to receive the gifts he may spread to his underlings;
- · they are aware of the dangers to cross the ruler;
- · they are aware that the ruler will protect them when they lie or steal;
- · that they will damage your time of ruling in history;
IF YOU
MANAGE, SURROUNDED BY WISDOM:
It is true
- · that you will be given well thought out advice;
- · that your advisors will not always agree with you;
- · that wise advisors will feel part of your statesmanship;
- · will ensure honest, ethical and wise governance;
- · will guide you with well-planned operations procedures;
- · will not steal from the coffers of government;
- · will ensure that your rule is with comfort because all is going smoothly;
- · will ensure fiscal growth;
- · the ruler will have the peace of a loyal following;
- · that you will fondly be remembered in history.
Looking at
these two choices I cannot but wonder what is so difficult about this decision?
Maybe the time has arrived again to read the 2000 year old book, The Art of War
by Sun Tsu.
Tuesday, March 12, 2013
Wees deel van die oplossing of hou jou bek
Saans om die kamp vuur is daar bitter kommentaar oor hoe ons land en area bestuur word.
Tog blyk dit uit pogings dat veral plaaslike stemgeregtigdes maar lukraak voel oor die stemmery.
Nou, vandag moet elkeen van ons met enige verstand deel word van die oplossing.
Eendrag maak steeds mag en as ons saamstaan kan ons 'n positiewe verskil maak aan wat in die Matzikama kies afdeling gebeur.
Praat met jou buurman, jou vriende en kry mense om volgende jaar te stem... vir wie hul ookal wil.
Maar as jy nie stem nie, hou jou bek, wannt dan is jy deel van die probleem, nie deel van die oplossing nie.
Kom ons hou die Wes Kaap skoon met 'n skoon administrasie.

Sunday, March 10, 2013
Praat saam
Slegs as ons saam praat, met mekaar kontak maak oor die belangrike dinge, kan ons nuwe dinge laat gebeur. As jy iets het om te vertel of wat reggemaak moet word. Praat hier.
Thursday, March 7, 2013
Spogtyd
Die SA Leer Akademie is benoem vir 'n toekenning deur die Nasionale regering as een van die mees effektiewe SMME organisasies. Miskien wen ons nog. Sal maar nog tien dae moet wag.
Dan het die Akademie ook 'n benoeming gekry om deur die CCDI aansoek te doen oor 'n totale maatskappy oordoen.... tot een miljoen rand wat moontlik hier in ons dorp bestee kan word. Help duim vashou.
Dan het die Akademie ook 'n benoeming gekry om deur die CCDI aansoek te doen oor 'n totale maatskappy oordoen.... tot een miljoen rand wat moontlik hier in ons dorp bestee kan word. Help duim vashou.
Hoekom Vanrhynsdorp
Dis vroeg oggend en wag nog vir die koffie
En my kop dink so aan ons, ja ons hier in Vanrhynsdorp
En die wonderlike mense, die kunstenaars, die mooi makers
Want sien, tussen die pragtige krale, die baie lekker beskuit en koekies
Die houtwerk, en die handige mense
Ons kry gereeld so 'n karmenaadjie van ons vriende
"Want ons het te veel"
Die bottels inlegoed le die rak vol
Die stukke wildvleis le die vrieskas vol
En my dankbaarheid ken geen perke nie
Want wat ookal daar buite gebeur
Hier in Vanrhynsdorp is ons vol en vir mekaar daar
Want sien, oral deel ons uit met onse klein grafies
En dan kom Jesus met sy groot graaf en deel weer uit aan ons.
Dankie mense van Vanrhynsdorp dat julle so mooi is.

Tuesday, March 5, 2013
Kunstenaars forum
So baie kunstenaars in ons gebied en min mense weet van hulle. So, nou het die Weskus kunstenaars hulle eie webblad wat reeds geregistreer is. www.artistswestcoast.co.za. Enige kunstenaar is welkom om my te kontak met hulle fotos en inligting. Stuur dit na e pos adres leather@vodamail.co.za en dan plaas ek dit op die webblad
Subscribe to:
Posts (Atom)