Thursday, March 7, 2013

Hoekom Vanrhynsdorp

Dis vroeg oggend en wag nog vir die koffie
En my kop dink so aan ons, ja ons hier in Vanrhynsdorp
En die wonderlike mense, die kunstenaars, die mooi makers
Want sien, tussen die pragtige krale, die baie lekker beskuit en koekies
Die houtwerk, en die handige mense
Ons kry gereeld so 'n karmenaadjie van ons vriende
"Want ons het te veel"
Die bottels inlegoed le die rak vol
Die stukke wildvleis le die vrieskas vol
En my dankbaarheid ken geen perke nie
Want wat ookal daar buite gebeur
Hier in Vanrhynsdorp is ons vol en vir mekaar daar
Want sien, oral deel ons uit met onse klein grafies
En dan kom Jesus met sy groot graaf en deel weer uit aan ons.
Dankie mense van Vanrhynsdorp dat julle so mooi is.

No comments:

Post a Comment