In die sweet van jou
aangesig -Die groei in ambagskuns is ’n groot tendens wêreldwyd, soos ons ook
onlangs by die Design Indaba in Kaapstad gesien het. Al hoe meer mense besluit
om ’n lewe te maak uit hulle kreatiewe handearbeid, maar wat motiveer hulle? Ambagskunstenaars
gee ons die storie agter die storie. “Daar is min dinge so bevredigend as om
iets met jou eie hande te maak,” verklaar Otto, wie se beeldhou- en
metaalgiet-onderneming, Bronze Age, in Kaapstad gietwerk doen vir van die land
se voorste kunstenaars. Wat dink jy is ’n móét vir elke ambagsman? Leer by ’n
meester. Veral as jy nie kan gaan studeer nie – reël vir jouself ’n vakmanskap
by iemand wat regtig hulle storie ken. “Die moontlikhede is eindeloos! Dís die
groot voordeel van ’n ambag beklee en vir jouself werk: Hoe meer jy insit, hoe
meer gaan jy uitkry.” Wat is jou raad vir jong ambagsmanne? Doen moeite om
sakekennis op te doen, só iets is
noodsaaklik as jy jou ambag jou inkomste wil maak, aldus Jeanne Calitz van
Rapport.
Leerlinge by die SA Leer Akademie vra my gereeld- “Sal ek ‘n
sukses van my sake onderneming maak?” Die antwoord is opgesluit in jou eie
“aanhou-en-wen” houding. Hoekom kan een leerwerker R12,000 vir haar handsak vra,
hoekom kan ‘n ander een se werk trots op die winkelrakke teen R34 000 verskyn. Hoekom
is een leerwerker wat sy eie winkel het, se rakke leeg gekoop? Die antwoord is
in jou gesindheid. Jy het die gereedskap en kennis – nou moet jy jou mens-trots
wys in jou handwerk.
Die behoefte is voorwaar daar vir goeie gehalte hand
vervaardigde leer artikels. Nou is dit jou beurt om die mark te ontdek. Die
vrae is: Wat wil die mark hê? Kan ek dit doen? Is my gehalte goed
genoeg? Hoe vertel ek die mark?
Die antwoord is eintlik baie maklik: Ondersoek gereeld die
mark en kyk wat bemark die groot verkopers. Oefen en maak foute tot jy weet jou
gehalte is beter as die winkel rak s’n. Bemark jou produkte deur aandag te
skenk aan al die fasette van bemarkings-kommunikasie.
- · Verkoops-advertensies soos Gumtree en OLX – dis gratis
- · Kry ‘n logo maar sit dit net op werk waarmee jy baie trots kan wees
- · Skep ‘n blog en hou dit lewendig
- · Begin Twit
- · Kry ‘n internet webblad en ‘n kenner wat jou raad kan gee.
- · Gee soveel besigheidskaartjies uit as wat jy kan- veral met elke sak wat jy verkoop
- · Doen praatjies by groepe soos jou plaaslike Vroue groepe
- · Begin deur ‘n tafel te kry by ‘n buitelug mark – net die goeies
- · Kontak gereeld jou plaaslike koerant
- · Doen radio onderhoude
- · Sluit by handwerk organisasies soos die CCDI in Kaapstad aan
- · Moet nooit te skaam wees om oral, altyd mense van jou leer kunswerke te vertel nie
- Moet nooit mense langer as agt uur laat wag vir jou terug kommunikasie as jy 'n navraag kry nie
No comments:
Post a Comment