Tuesday, April 30, 2013

HOEKOM IS ONS SOOS ONS IS?

Ek glo dis die eelt beginsel.
Vat ‘n graaf met sagte hande en na ‘n paar dae se werk is die vel dik en ge-eelt, beskerm teen die graaf se aanslag. So gaan dit ook met ons gewetens, ons etiek, ons morele waardes en standaarde.
Die eerste keer as iets verkeerd gaan is ons ontsteld, maar na die tiende or meermale is die impak van die aftakelende gebeurtenis nie meer ‘n afwyking nie maar eerder die aanvaarbare standaard. En so het ons mak geraak vir dit wat ons om ons sien – dis maar “oukay”.
As mens leer spel is die woordeboek handig om die regte spelling aan te dui. Want daar is reëls.
So leer mens ook dat 2 en 2 optel na 4 toe, en nie 5 of enigiets anders nie. Want daar is reëls.
Nou sit ons met ‘n situasie waar dinge in ons land gebeur – dinge wat nie lekker is nie. Want die reëls word nie meer eerbaar nagevolg nie.
Gaan ons toelaat dat die verkeerd aangaan en “Laat Gods waters maar oor Gods akkers gaan?” Of gaan elke regdenkende mens sy STEM laat hoor?
As jy vandag werkeelte het, vier lekker arbeidersdag.

Twee keer?

Double jeopardy: A second prosecution for the same offense after acquittal or conviction or multiple punishments for same offense. The evil sought to be avoided by prohibiting double jeopardy is double trial and double conviction, not necessarily double punishment.
Hierdie definisie van “Double jeopardy” het my laat wonder.
Kan mens ook tweekeer vir dieselfde diens belas word, of verplig om betaal te word?
As mens deursigtig na plaaslike administrasie kyk dan betaal ons vir die volgende:
1.       Algemene belasting- in ons geval R219,61
2.       Vullisverwydering huishoudelik – in ons geval 72,72
3.       Watervoorsiening – wissel maar kom ons gebruik R279
En hiervoor betaal ek met lof aan die gehalte diens wat gelewer word. Ons is soveel gelukkiger as in ander plekke in Suid Afrika. Wel gedaan Matzikama.
Tog pla dit my dat ons in die Vanrhynsdorp gebied, waar ons toilet dreine gesuig moet word, ons die bedrag van R209,71 ekstra moet betaal vir elke keer se tenksuig, amper 95% van ons maandelikse belasting. En dit omdat die dorp nie spoeltoilette het nie. Nie soos in Maskamsig nie.

Monday, April 29, 2013

Vrot appels - nie net op misdaad gebied nie

n Kort opname van sommige berigte in vanoggend se pers: Kaapstad – 'n Wes-Kaapse tronkbewaarder is Woensdag in hegtenis geneem vir die besit van 50 Mandrax-tablette, het die departement van korrektiewe dienste gesê. Johannesburg – ‘n Dronk tronkbewaarder het na bewering ‘n kollega in die been geskiet terwyl hy aan diens was in King William’s Town. Johannesburg – Vyf polisiebeamptes is Woensdag in Oos-Londen in hegtenis geneem vir beweerde dwelmhandel. Hierdie gehalte mense is die aangesteldes van ons staatsdiens!
Hierdie beriggewing gaan oor hoë profiel gebeurtenisse. Maar dit gaan ook verder. Wat van ons mense in ons eie omgewing. Is hulle onkreukbaar eerlik en opreg as dit gaan oor dienslewering? Weereens sê ek en ons almal – Wees eerlik in die kleine en dan sal die groot dinge ook eerlik wees.
Verantwoordelike waterval. As die leiers eerbaarheid, etiek en waarheid uitleef, sal die “waterval” beginsel afwater na die laagste vlak.
Die Grondwet is geskoei op verantwoordbaarheid, openheid en eerlikheid. As die presidensie dit só moeilik vind om dié grondbeginsels uit te leef, hoe verwag Zuma dat direkteurs-generaal en mindere amptenare soos plaaslike stadsraadlede dit moet doen? En dan sê hy die uitroei van wanbesteding en swak regering is sy erns. Die keiser moet nie net aanspraak maak op onkreukbaarheid nie, hy en sy amptenary tot op plaaslike regeringsvlak moet dit sigbaar uitleef. Die Grondwet vereis dit van u as lid van die Matzikama Munisipaliteit, die Raadslede en veral die Burgemeester. Praat die waarheid dan kan ons julle respekteer en weer vir julle stem. Kom ons wys die wêreld dat Matzikama kan skyn as die waarheids voorbeeld in Suid Afrika!

Van vrees genees

Vanoggend sit ek weer hier voor my rekenaar. En bitter dankbaar dat ek kan.
Gister oggend het ek bitter vaal gevoel, haastig na ons pragtige dokter Tredoux in Klawer en 11 uur was ek in die Vredendal hospitaal.
Daar moet ek erken, die diens was uitsonderlik met omgee en gehalte vanaf die opname toonbank, die Xtrale en toe die saal waar Suster Prins veral my baie profesioneel behandel het. Dankie julle almal.
Waar ek voorheen baie gesond en aktief was was die gedagte van 'n hospitaal vir my 'n nagmerrie oor al die stories. Ons hier op die Weskus is bevoorreg om 'n hospitaal van die gehalte tot ons bekikking te he.

Saturday, April 27, 2013

BLATANTE OPTREDE

Daar is so baie blatante misbruik van mag en geld in Suid Afrika dat die lys langer as die beskikbare papier is. Maar, die bekendstelling van Transnet se misbruik van pensionarisse se geld span vir my die kroon van doelbewuste aftakeling van die waarde sisteme wat mense in hul lewe gebou het. Waar is die gewete in die ANC?
Hoe kan enigeen steeds die lot vertrou. Hulle vuif met staatsgeld, bou paleise met belasting geld en dis alles olraait....want om te steel is reg?
Nou, ter plaatse, ons spog met die daarstelling van die Toeriste Sentrum in Bitterfontein... maar waar is daardie Toeriste sentrum nou? Miskien is dit tyd om vas te stel wat werklik daar gebeur het? Maar sal die politici die “guts” hê om deeglik na te vors hoe sogenaamde drome vermuwe in mislukkings. So ook die storie van die wonder leer vervaardigings eenheid in Beaufort Wes. Meer as ‘n miljoen is daar bestee... en al wat vandag oorbly is die verskeurde drome van die mense wat nou niks het nie.
Dan, na die rede vir die skrywe – soos voorheen gemeld – as jy getrou is in die kleine, kan jy vertrou word met my stem. Soos die voormalige minister wat ewe blatant nie sy rekening betaal nie, soos die bouer wat so tussendeur by jou steel, soos die munisipale amptenaar wat homself nie verwerdig om navrae te beantwoord nie, tot op die hoogste vlak.
Ek sal slegs stem vir die man aan wie ek geld kan leen... en weet, dit sal terugbetaal word. Hoeveel van hulle ken jy?

Friday, April 26, 2013

Te bedel, of leef edel

Om swaar te kry, sonder geld te wees, niemand kan of wil jou help nie.
Hulle het vir jou vervlenterde klere op skool gelag. Soos ‘n klein bedelaar moes jy in ‘n ry staan om ‘n toebroodjie te kry. Na skool was daar geen hulp nie, geen vader, moeder of vriendelike famielid nie.
Jy is pas sestien jaar our, nou alleen in die buitewereld waar jy moet oorleef. Met geleende skoene moes jy die strate instap om werk te soek.
Die verhaal van Suid Afrika …. Maar met ‘n verskil! Dit was ‘n blanke weeskind in 1965.
Ons hoor daagliks die gesanik van mense wat deur die apartheid politiek agtergelaat is. Hulle moet staatsgeld verniet kry dat hulle armmoede kan oorkom.
Die jong wit seun van 1965 moes, in die sweet van sy aangesig self die mas opkom. Selfs dubbel werk doen om deeltyds ‘n graad te studeer. En nog een en meer.
Van niks tot ‘n rolspeler op heelwat velde – met harde werk en toewyding.
Jy moet jou eie lewe uitkerf in die sweet van jou aangesig! Dan kan jy trots in jou omgewing opstaan en met reguit rugmurg die straat afstap. Dan bedel jy nie, dan verdien jy elke krummel kos wat jy eet.
‘n Land kan slegs vooruit gaan as daar gewerk word. As elke sent wat die staat deur belasting kry, diensbaar bestee word. ‘n Land kan slegs vooruit gaan as ons almal deel van geldskepping word pleks van net verbruikers.
Die vraag was gister, wat gee jy van jouself? Dit is ‘n verhaal wat tog vertel moet word.
Ten spyte van my agtergrond het ek die “help ding” probeer. Twee jaar lank ‘n groepie geleer om te vervaardig, ‘n sake onderneming vir hulself te bedryf.... en pleks van ‘n dankie het ek ‘n mes in my rug gekry.
Ek het grootgeword met die geloof – SELF ‘N HOND BYT NIE DIE EEN WAT HOM VOED NIE”. Dis nie waar nie.
Onthou, EENDRAG MAAK MAG. Kom ons staan saam in die Matzikama streek en stem reg sodat die mense wat regtig wil dien ons verteenwoordig – mense met onkreukbare etiek en ‘n waardestelsel waarop ons kan trots wees.

ONS REGTE

Hoe om jou regte te beskerm

As jy voel dat jou regte ondermyn is, is die eerste stap om vas te stel of daardie reg deur [die Grondwet] beskerm word.  Gewoonlik lei kontrakbreuk nie tot `n grondwetlike eis nie en die regte stap om te volg sal wees om die ander party in die kontrak te dagvaar in terme van die kontrak.
As daardie reg egter beskerm word deur die [Handves van Regte] is die volgende stap om vas te stel of jy `n begunstigde is van daardie reg - met ander woorde, of daardie reg van toepassing is op jou.  Die meeste regte is van toepassing op alle mense, maar sommige regte, soos kinderregte en burgerregte is slegs van toepassing op daardie bepaalde klas van begunstigde.
As die reg binne die Handves van Regte val en dit is op jou van toepassing, is die finale stap om te besluit wie om te nader om jou by te staan om daardie reg op te eis.

Wie kan jou bystaan?

As deel van `n verbintenis om onderworpenheid aan die Grondwet te verseker, is hoofstuk 9-instellings deur die Grondwet geskep.  Hulle funksie is hoofsaaklik om spesifieke regte te bevorder en om bewerings van ondermyning van daardie regte te oorweeg.  As u voel dat `n reg wat binne die bestek van hul aktiwiteite val, ondermyn is, kan `n klagte gelê word by die aangewese instelling.
Hierdie instellings is:
Openbare Beskermer (Nasionale kantoor)

Thursday, April 25, 2013

MATZIKAMA TARIEF VERHOGINGS

So lyk die trarief verhogings aldus die Matzikama webblad:
Voorgestelde Tarief Verhogings:
Water – 15%
Elektrisiteit – 12%
Eiendomsbelasting – 12%
Vullisverwydering – 15%
Riool – 15%
Wyl ons hier in die Wes Kaap beter daaraan toe is as die res van Suid Afrika, lyk dit vir my die persentasie tarief verhogings is darem bietjie hoog, in ag genome die waardevermindering van ons geld en die klein verbeterings aan die salarisse van die meeste werkende inwoners.

Vergifnis

God says, “My mercy is bigger than any mistake.”

Wednesday, April 24, 2013

AL IS ONS KLEIN EN VER KAN ONS 'N VERSKIL MAAK

Dear Fellow Nation Builder,
 
One of the things that binds us together behind the cause of Agang is our mission of restoring the promise of our great nation. 20 years is too long to wait to restore the promise of power to the people. The mission of reclaiming and restoring this promise to its rightful owners will not be accomplished simply through what we say; it will also depend to a much larger extent on what we do.
 
One of the things that we can do starting now is to put our weight and support behind the Petition To Restore Power To The People. The petition is designed to give anyone and everyone a voice right now – to show support for six key areas that we believe will contribute to a more open and honest government. 
This is what I need you to do :
I need you to organise an event in your community to spread the message and gather signatures for the petition - host a dinner, take it to your campus, your church, your local mall and any other place where people are. The petition will be posted on the Agang SA website tomorrow but get planning in the mean time. I'd love to hear what you're planning to do so send us your ideas on volunteer@agangsa.org.za.
If you happen to be in Gauteng you can also come out and join me and other Nation Builders in Soweto at the Nike Soccer Complex Cnr Chris Hani and Mokoena street Klipsruit from 09:30am on Saturday, April 27, 2013 as we launch the Petition to Restore The Promise of Power To The People.
I, alone, cannot do it. I need all citizens of our country to join me on this mission of restoring power to the people. We need your help to send a message to the government and the country that Enough is Enough – Power must be restored to the People!
Background on the petition (more to come in the following days)
On Agang’s listening tour around South Africa the past few months, we have heard a common story from people: they feel like forgotten people. Almost twenty years after our first democratic elections, people feel government does not work for them and that their voices are not being heard.
 
This petition is designed to give anyone and everyone a voice right now to show support for the six key areas that we believe will contribute to an open and honest government. Twenty years is too long to wait for power to be restored to the people; twenty years is too long to wait for honesty and transparency from those who represent us!

I look forward to meeting you or hearing from you.

Mamphela

POLITIEKE VERKLEURMANNETJIES

Wie is die politieke verkleurmannetjies in die Matzikama streek? Nou by die politieke party, dan by die ander een... net waar die persoonlike winste die meeste is. Kan jy hulle noem?
Die name verbyster my... ministers wat by my aan huis was en hul politieke rol uitgespel het. Nou is dieselfde man ewe kragtig deel van 'n ander politieke party. Ons eie raad se rol het verander... hoekom? Omdat ons politkeke verkleurmannetjies of verkleurmeisetjies weer gewys het hoe eerbaar hul integriteit is.
Wil mens dan nie trots op straat verkyn en voor die mense staan - en almal kan se - daar loop 'n eerbare man of vrou.
Maar ook is die etiek van ons amptenary onder verdenking... wraak teenoor juis die mense wat jy moet bedien. ONTHOU - DIE GESKIEDENIS GAAN JOU OORDEEL!

Am I who I am?

Did you know that wrong labels can keep you from your destiny? You are not who people say you are. You are who God says you are. People will label you not good enough, too slow, too old, too many mistakes. God labels you strong, talented, valuable, more than a conqueror. Make sure that you’re wearing the right labels.

Friday, April 12, 2013

DIT IS GEBREEK

Na die gebeure toe ou mense in ons dorpie aangeval is, voel ek Vanrhynsdorp het ook nou aangesluit by die res van Suid Afrika, waar die rustigheid, veiligheid en saamleef gebreek het.
En ek kan kla soveel ek wil, maar uiteindelik is dit seker tyd dat ons almal meer sekuruteitsbewus word.
Moontlik moet ons die Polisie help deur ook ons oe oop te maak en vreemdelinge aan te meld.
Binnekort sal 'n besending selfverdedigings toerusting hier aankom. Dan vertel ek julle daarvan.