Saturday, April 27, 2013

BLATANTE OPTREDE

Daar is so baie blatante misbruik van mag en geld in Suid Afrika dat die lys langer as die beskikbare papier is. Maar, die bekendstelling van Transnet se misbruik van pensionarisse se geld span vir my die kroon van doelbewuste aftakeling van die waarde sisteme wat mense in hul lewe gebou het. Waar is die gewete in die ANC?
Hoe kan enigeen steeds die lot vertrou. Hulle vuif met staatsgeld, bou paleise met belasting geld en dis alles olraait....want om te steel is reg?
Nou, ter plaatse, ons spog met die daarstelling van die Toeriste Sentrum in Bitterfontein... maar waar is daardie Toeriste sentrum nou? Miskien is dit tyd om vas te stel wat werklik daar gebeur het? Maar sal die politici die “guts” hĂȘ om deeglik na te vors hoe sogenaamde drome vermuwe in mislukkings. So ook die storie van die wonder leer vervaardigings eenheid in Beaufort Wes. Meer as ‘n miljoen is daar bestee... en al wat vandag oorbly is die verskeurde drome van die mense wat nou niks het nie.
Dan, na die rede vir die skrywe – soos voorheen gemeld – as jy getrou is in die kleine, kan jy vertrou word met my stem. Soos die voormalige minister wat ewe blatant nie sy rekening betaal nie, soos die bouer wat so tussendeur by jou steel, soos die munisipale amptenaar wat homself nie verwerdig om navrae te beantwoord nie, tot op die hoogste vlak.
Ek sal slegs stem vir die man aan wie ek geld kan leen... en weet, dit sal terugbetaal word. Hoeveel van hulle ken jy?

No comments:

Post a Comment