Double jeopardy: A second prosecution for the same offense after acquittal or conviction or multiple punishments for same offense. The evil sought to be avoided by prohibiting double jeopardy is double trial and double conviction, not necessarily double punishment.
Hierdie definisie van “Double jeopardy” het my laat wonder.
Kan mens ook tweekeer vir dieselfde diens belas word, of verplig om betaal te word?
As mens deursigtig na plaaslike administrasie kyk dan betaal ons vir die volgende:
1. Algemene belasting- in ons geval R219,61
2. Vullisverwydering huishoudelik – in ons geval 72,72
3. Watervoorsiening – wissel maar kom ons gebruik R279
En hiervoor betaal ek met lof aan die gehalte diens wat gelewer word. Ons is soveel gelukkiger as in ander plekke in Suid Afrika. Wel gedaan Matzikama.
Tog pla dit my dat ons in die Vanrhynsdorp gebied, waar ons toilet dreine gesuig moet word, ons die bedrag van R209,71 ekstra moet betaal vir elke keer se tenksuig, amper 95% van ons maandelikse belasting. En dit omdat die dorp nie spoeltoilette het nie. Nie soos in Maskamsig nie.
No comments:
Post a Comment