Hoe om jou regte te beskerm
As jy voel dat jou regte ondermyn is, is die eerste stap om vas te stel of daardie reg deur [die Grondwet] beskerm word. Gewoonlik lei kontrakbreuk nie tot `n grondwetlike eis nie en die regte stap om te volg sal wees om die ander party in die kontrak te dagvaar in terme van die kontrak.As daardie reg egter beskerm word deur die [Handves van Regte] is die volgende stap om vas te stel of jy `n begunstigde is van daardie reg - met ander woorde, of daardie reg van toepassing is op jou. Die meeste regte is van toepassing op alle mense, maar sommige regte, soos kinderregte en burgerregte is slegs van toepassing op daardie bepaalde klas van begunstigde.
As die reg binne die Handves van Regte val en dit is op jou van toepassing, is die finale stap om te besluit wie om te nader om jou by te staan om daardie reg op te eis.
Wie kan jou bystaan?
As deel van `n verbintenis om onderworpenheid aan die Grondwet te verseker, is hoofstuk 9-instellings deur die Grondwet geskep. Hulle funksie is hoofsaaklik om spesifieke regte te bevorder en om bewerings van ondermyning van daardie regte te oorweeg. As u voel dat `n reg wat binne die bestek van hul aktiwiteite val, ondermyn is, kan `n klagte gelĂȘ word by die aangewese instelling.Hierdie instellings is:
Openbare Beskermer (Nasionale kantoor)
- Tel: +27 (0)12 366 7000
- Faks: +27 (0)12 366 7047 / 362 3473
- Tolvry: 0800 112040
- Web: http://www.publicprotector.org
No comments:
Post a Comment