Monday, April 29, 2013

Vrot appels - nie net op misdaad gebied nie

n Kort opname van sommige berigte in vanoggend se pers: Kaapstad – 'n Wes-Kaapse tronkbewaarder is Woensdag in hegtenis geneem vir die besit van 50 Mandrax-tablette, het die departement van korrektiewe dienste gesê. Johannesburg – ‘n Dronk tronkbewaarder het na bewering ‘n kollega in die been geskiet terwyl hy aan diens was in King William’s Town. Johannesburg – Vyf polisiebeamptes is Woensdag in Oos-Londen in hegtenis geneem vir beweerde dwelmhandel. Hierdie gehalte mense is die aangesteldes van ons staatsdiens!
Hierdie beriggewing gaan oor hoë profiel gebeurtenisse. Maar dit gaan ook verder. Wat van ons mense in ons eie omgewing. Is hulle onkreukbaar eerlik en opreg as dit gaan oor dienslewering? Weereens sê ek en ons almal – Wees eerlik in die kleine en dan sal die groot dinge ook eerlik wees.
Verantwoordelike waterval. As die leiers eerbaarheid, etiek en waarheid uitleef, sal die “waterval” beginsel afwater na die laagste vlak.
Die Grondwet is geskoei op verantwoordbaarheid, openheid en eerlikheid. As die presidensie dit só moeilik vind om dié grondbeginsels uit te leef, hoe verwag Zuma dat direkteurs-generaal en mindere amptenare soos plaaslike stadsraadlede dit moet doen? En dan sê hy die uitroei van wanbesteding en swak regering is sy erns. Die keiser moet nie net aanspraak maak op onkreukbaarheid nie, hy en sy amptenary tot op plaaslike regeringsvlak moet dit sigbaar uitleef. Die Grondwet vereis dit van u as lid van die Matzikama Munisipaliteit, die Raadslede en veral die Burgemeester. Praat die waarheid dan kan ons julle respekteer en weer vir julle stem. Kom ons wys die wêreld dat Matzikama kan skyn as die waarheids voorbeeld in Suid Afrika!

No comments:

Post a Comment