Tuesday, May 28, 2013

Erkenning van 'n wenner


Christell admits. “My first leather product couldn’t be sold …” she chuckles, “but it sparked my interest and I enrolled in a leather handcraft course in Vanrhynsdorp.”

There Christell studied under Frik van Jaarsveld, a true leather artisan who grew up in an orphanage, where the onus was on him to mend his own leather school shoes. The rest is obviously history. She stayed on with the Van Jaarsvelds for another 10 days and got acquainted with all the basics of leather, such as stitching, pattern-making, cutting, choosing the right leather and business skills.

Friday, May 24, 2013

Die prys van lojaliteit

Na vyf jaar in Vanrhynsdorp is ek seker dat lojaliteit nie gekoop kan word nie. Jy kan so goed wees vir sommige mense... maar hul lojaliteit sal jy nooit verwerf nie.
Dit bring my na die gedagte: "Perels voor die sweine".
Dit is 'n moeilike ding om te verwerk. Hoeveel kere klop iemand aan die deur en vra hulp?
Maar die ander kant van die kaart is ook sigbaar.
Is dit nie my taak om die verlore skaap te gaan soek nie? Of is dit net die dominee se taak?
En, wat doen die dominee? Soek hy fondse vir sy kerk of bestee hy sy tyd aan verlore skape?
Maar, dan moet ek, ten spyte van die klein rof plekkies in ons samelewing iets noem.
Die Engelse het 'n gesegde : The best of a bad bunch".
Maar hier in Vanrhynsdorp en ook Vredendal is daar baie goeie dinge. Ons paaie is amper "okay". Maar vir die tweede keer is die maand moet ek erken... 'n besoek aan die hospitaal in Vredendal was 'n goeie ervaring en ek wil al die personeel daar bedank en loof.

Thursday, May 23, 2013

Wat vir Ellen Pakkies waar was, is nou in ons politiek waar


Die verhaal van Ellen Pakkies wat haar eie seun, Adam,  doodgemaak het word nou herspeel deur die ANC. Aan die einde van die toneel het Adam Pakkies nie net vir dwelms by sy eie ma gesteel nie, maar haar ook fisies aangerand.

Vandag lees ons gedurig hoe die ANC van die Staarskoffers steel en die mense wat hul teestaan doodskiet en aanrand.

Miskien moet ons die toneelstuk verpligte “sien” maak.

Thursday, May 16, 2013

Te gee, of te vat

Dit is met 'n slegte smaak in my mond dat ek vanoggend die pen opneem.
As jy iemand goed hanteer, beloon en help is dit goed. As daardie person dan nog 'n guns vra en jy kan dit nie doen nie, dan word al die goed wat jy in die verlede gedoen het vergeet en jy word slegs kwalik geneem vir die sogenaamde "guns" wat jy nie kon doen nie.
Dit is amper vir my die laaste strooi wat die kameel se rug breek... al doen jy goed mag jy nie dieselfde vlak van geregtigheid terug verwag nie.
Wat nie lekker is nie, is dat hierdie 'n groep siekte in Vanrhynsdorp is. Ons kan vir mekaar daar wees.... maar slegs as ons gee en gee en gee maar om hemelsnaam, moenie iets terug verwag nie.
Dis vir my jammer dat my hart wat regtig ingestel is om vir my medemens daar te wees so deur die groep verkreukel word.

Wednesday, May 15, 2013

THE ARROGANCE OF SILENCE!

It has now become the norm is South Africa's local, provincial and national government employees to ignore requests for explanations from the press and concerned groups.
This arrogance of silence, when something wrong was done, is the result of the example from the top down. If Zuma does not have to explain, why should we?
The government continually tries to promote transparency... but if transparent answers are asked you are coldly ignored. Because nothing will happen if you do not have the basic good manners and ethics to stand up and be counted as a man of dignity allowing all others dignity as well.
Our local government in Matzikama is also one of the "guilties"

Monday, May 6, 2013

Aan wie behoort die Matzikama?

Soms is die kommentaar oor nuusberigte meer nuus as die nuus self.
Vandag het ek na 120 verskillende kommentare gekyk en besef, by baie van die mense se kommentaar is dit duidelik dat ongeloof in politici, hetsy ANC of DA die werklike kwessie is.
Die werklikheid in Suid Afrika is as volg:
1.      Ons ekonomie op staatsvlak in benard. Nie omdat geld nie ge-in word nie maar omdat onbeholpe mense die staatsbesteding behartig.
2.      Dieselfde ongeloof bestaan by alle groepe, ou Afrikaanse wit mense, jong leerders pas uit die skool, Swart mense in krotte oral in Suid Afrika en meer glo eintlik ons het verby die punt beweeg dat dinge sal reg kom.
3.      Baie van die ouer mense aanvaar dat die jeug te dom is om te help met die toekomstige groei in die land.
4.      Ons word verteenwoordig deur mense gekies deur politieke partye – nie deur ons keuse nie.
As ons die feite in ag neem is dit verstaanbaar hoekom ons land in chaos is. Ons eie mense het geen sĂȘ nie want ons word voorgeskryf wie ons verteenwoordig... en die party sal mense aanwys oor hulle party lojaliteit eerder as eerlike opregte diensbaarheid.
Geen poging is aangewend om die verteenwoordigers in raadsbestuur, provinsiale bestuur of landsbestuur op te lei nie.
Maar veral het ons geen poging aangewend om die jeug te bemagtig om intelligent na die landsbestuur, die politiek en plaaslike gebeurtenisse te kyk nie. Dis soos dominoes wat een vir een omval... omdat die skool opleiding nagelaat is kan kinders en jeugdiges nie meer intelligent lees of redeneer nie. Daarom kan hulle nie met “wysheid” na hul omgewing en die gebeure om hulle kyk nie.
Ons moet onhou, daar is ‘n ou gesegde wat baie waar is – “THE ROAD TO HELL IS PAVED WITH GOOD INTENTIONS”. Hoeveel mooi beloftes die regering en plaaslike raadslede  ookal maak, beteken niks as dit nie uitgevoer word nie. Kom ons volg liewer “WALK YOUR TALK”.

Sunday, May 5, 2013

365 dae

Ons het 365 dae oor voor die volgende verkiesing... dis tyd dat ons kyk wie die verkiesing gaan wen, en waarom.
Aan politici wil ek net noem:
Die stem van die jeug is waar die verskil gaan wees.
Kom mense, kom mobiliseer jeug groepe om te help stemme werf. Die nuwe jonges het seer sekerlik die nintelligensie en lees vermoens om te weet vir wie om te stem sonder om maar soos pa of ma te stem.