Soms is die kommentaar oor nuusberigte meer nuus as die nuus self.
Vandag het ek na 120 verskillende kommentare gekyk en besef, by baie van die mense se kommentaar is dit duidelik dat ongeloof in politici, hetsy ANC of DA die werklike kwessie is.
Die werklikheid in Suid Afrika is as volg:
1. Ons ekonomie op staatsvlak in benard. Nie omdat geld nie ge-in word nie maar omdat onbeholpe mense die staatsbesteding behartig.
2. Dieselfde ongeloof bestaan by alle groepe, ou Afrikaanse wit mense, jong leerders pas uit die skool, Swart mense in krotte oral in Suid Afrika en meer glo eintlik ons het verby die punt beweeg dat dinge sal reg kom.
3. Baie van die ouer mense aanvaar dat die jeug te dom is om te help met die toekomstige groei in die land.
4. Ons word verteenwoordig deur mense gekies deur politieke partye – nie deur ons keuse nie.
As ons die feite in ag neem is dit verstaanbaar hoekom ons land in chaos is. Ons eie mense het geen sĂȘ nie want ons word voorgeskryf wie ons verteenwoordig... en die party sal mense aanwys oor hulle party lojaliteit eerder as eerlike opregte diensbaarheid.
Geen poging is aangewend om die verteenwoordigers in raadsbestuur, provinsiale bestuur of landsbestuur op te lei nie.
Maar veral het ons geen poging aangewend om die jeug te bemagtig om intelligent na die landsbestuur, die politiek en plaaslike gebeurtenisse te kyk nie. Dis soos dominoes wat een vir een omval... omdat die skool opleiding nagelaat is kan kinders en jeugdiges nie meer intelligent lees of redeneer nie. Daarom kan hulle nie met “wysheid” na hul omgewing en die gebeure om hulle kyk nie.
Ons moet onhou, daar is ‘n ou gesegde wat baie waar is – “THE ROAD TO HELL IS PAVED WITH GOOD INTENTIONS”. Hoeveel mooi beloftes die regering en plaaslike raadslede ookal maak, beteken niks as dit nie uitgevoer word nie. Kom ons volg liewer “WALK YOUR TALK”.
No comments:
Post a Comment