Na vyf jaar in Vanrhynsdorp is ek seker dat lojaliteit nie gekoop kan word nie. Jy kan so goed wees vir sommige mense... maar hul lojaliteit sal jy nooit verwerf nie.
Dit bring my na die gedagte: "Perels voor die sweine".
Dit is 'n moeilike ding om te verwerk. Hoeveel kere klop iemand aan die deur en vra hulp?
Maar die ander kant van die kaart is ook sigbaar.
Is dit nie my taak om die verlore skaap te gaan soek nie? Of is dit net die dominee se taak?
En, wat doen die dominee? Soek hy fondse vir sy kerk of bestee hy sy tyd aan verlore skape?
Maar, dan moet ek, ten spyte van die klein rof plekkies in ons samelewing iets noem.
Die Engelse het 'n gesegde : The best of a bad bunch".
Maar hier in Vanrhynsdorp en ook Vredendal is daar baie goeie dinge. Ons paaie is amper "okay". Maar vir die tweede keer is die maand moet ek erken... 'n besoek aan die hospitaal in Vredendal was 'n goeie ervaring en ek wil al die personeel daar bedank en loof.
No comments:
Post a Comment