Ek sou graag 'n saal vol van Vanrhynsdorp se inwoners wou nooi na die Stadsaal vir 'n kuiertjie.
Dan sou ek almal vra:
Sal elke intellegente denkende persoon sy hand opsteek!
Sal elke persoon wat go misdaad is verkeerd sy hand opsteek!
Sal elkeen wat glo politici is daar om na ons dienste om te sien sy hand opsteek!
Dan sou ek graag die mense wou tel wat nie hul hande opgesteeek het nie!
Watter persentasie van ons dorpie dink julle?
Want elkeen wie nie sy hande opgesteek het nie, sou die mense wees wat as stemvee stem omdat dit makliker is en dit glo hulle hul gratis staatsgeld inkomste van SASSA sal beskerm word. Hulle gee nie om dat die regering en sy mense mees as R4 miljards se geld by hulle gesteel het nie. Hulle dink dis oukey dat slegs 175 van die staatsamptenare wat bedrog gepleeg het hul werk verloor het... al die ander kan maar aangaan en dit weer doen.
Maar wat erger is, is dat hier, waar ek geglo het ons bo dom kleurverskille gestyg het, meeste van die mense eerder sal stem vir 'n onopgeleide persoon van 'n ander kleur as vir 'n wit persoon. Al het die Wes Kaapland se regering oral bewys dat hulle, kleursaam, die beste diens in Suid Afrika lewer.
Demmit, is julle blind!!!
No comments:
Post a Comment