Dit is met 'n slegte smaak in my mond dat ek vanoggend die pen opneem.
As jy iemand goed hanteer, beloon en help is dit goed. As daardie person dan nog 'n guns vra en jy kan dit nie doen nie, dan word al die goed wat jy in die verlede gedoen het vergeet en jy word slegs kwalik geneem vir die sogenaamde "guns" wat jy nie kon doen nie.
Dit is amper vir my die laaste strooi wat die kameel se rug breek... al doen jy goed mag jy nie dieselfde vlak van geregtigheid terug verwag nie.
Wat nie lekker is nie, is dat hierdie 'n groep siekte in Vanrhynsdorp is. Ons kan vir mekaar daar wees.... maar slegs as ons gee en gee en gee maar om hemelsnaam, moenie iets terug verwag nie.
Dis vir my jammer dat my hart wat regtig ingestel is om vir my medemens daar te wees so deur die groep verkreukel word.
No comments:
Post a Comment