Wednesday, May 1, 2013

'n Saaltjie opname

Ek sou graag 'n saal vol van Vanrhynsdorp se inwoners wou nooi na die Stadsaal vir 'n kuiertjie.
Dan sou ek almal vra:
Sal elke intellegente denkende persoon sy hand opsteek!
Sal elke persoon wat go misdaad is verkeerd sy hand opsteek!
Sal elkeen wat glo politici is daar om na ons dienste om te sien sy hand opsteek!

Dan sou ek graag die mense wou tel wat nie hul hande opgesteeek het nie!
Watter persentasie van ons dorpie dink julle?

Want elkeen wie nie sy hande opgesteek het nie, sou die mense wees wat as stemvee stem omdat dit makliker is en dit glo hulle hul gratis staatsgeld inkomste van SASSA sal beskerm word. Hulle gee nie om dat die regering en sy mense mees as R4 miljards se geld by hulle gesteel het nie. Hulle dink dis oukey dat slegs 175 van die staatsamptenare wat bedrog gepleeg het hul werk verloor het... al die ander kan maar aangaan en dit weer doen.
Maar wat erger is, is dat hier, waar ek geglo het ons bo dom kleurverskille gestyg het, meeste van die mense eerder sal stem vir 'n onopgeleide persoon van 'n ander kleur as vir 'n wit persoon. Al het die Wes Kaapland se regering oral bewys dat hulle, kleursaam, die beste diens  in Suid Afrika lewer.
Demmit, is julle blind!!!

Tuesday, April 30, 2013

HOEKOM IS ONS SOOS ONS IS?

Ek glo dis die eelt beginsel.
Vat ‘n graaf met sagte hande en na ‘n paar dae se werk is die vel dik en ge-eelt, beskerm teen die graaf se aanslag. So gaan dit ook met ons gewetens, ons etiek, ons morele waardes en standaarde.
Die eerste keer as iets verkeerd gaan is ons ontsteld, maar na die tiende or meermale is die impak van die aftakelende gebeurtenis nie meer ‘n afwyking nie maar eerder die aanvaarbare standaard. En so het ons mak geraak vir dit wat ons om ons sien – dis maar “oukay”.
As mens leer spel is die woordeboek handig om die regte spelling aan te dui. Want daar is reëls.
So leer mens ook dat 2 en 2 optel na 4 toe, en nie 5 of enigiets anders nie. Want daar is reëls.
Nou sit ons met ‘n situasie waar dinge in ons land gebeur – dinge wat nie lekker is nie. Want die reëls word nie meer eerbaar nagevolg nie.
Gaan ons toelaat dat die verkeerd aangaan en “Laat Gods waters maar oor Gods akkers gaan?” Of gaan elke regdenkende mens sy STEM laat hoor?
As jy vandag werkeelte het, vier lekker arbeidersdag.

Twee keer?

Double jeopardy: A second prosecution for the same offense after acquittal or conviction or multiple punishments for same offense. The evil sought to be avoided by prohibiting double jeopardy is double trial and double conviction, not necessarily double punishment.
Hierdie definisie van “Double jeopardy” het my laat wonder.
Kan mens ook tweekeer vir dieselfde diens belas word, of verplig om betaal te word?
As mens deursigtig na plaaslike administrasie kyk dan betaal ons vir die volgende:
1.       Algemene belasting- in ons geval R219,61
2.       Vullisverwydering huishoudelik – in ons geval 72,72
3.       Watervoorsiening – wissel maar kom ons gebruik R279
En hiervoor betaal ek met lof aan die gehalte diens wat gelewer word. Ons is soveel gelukkiger as in ander plekke in Suid Afrika. Wel gedaan Matzikama.
Tog pla dit my dat ons in die Vanrhynsdorp gebied, waar ons toilet dreine gesuig moet word, ons die bedrag van R209,71 ekstra moet betaal vir elke keer se tenksuig, amper 95% van ons maandelikse belasting. En dit omdat die dorp nie spoeltoilette het nie. Nie soos in Maskamsig nie.

Monday, April 29, 2013

Vrot appels - nie net op misdaad gebied nie

‘n Kort opname van sommige berigte in vanoggend se pers: Kaapstad – 'n Wes-Kaapse tronkbewaarder is Woensdag in hegtenis geneem vir die besit van 50 Mandrax-tablette, het die departement van korrektiewe dienste gesê. Johannesburg – ‘n Dronk tronkbewaarder het na bewering ‘n kollega in die been geskiet terwyl hy aan diens was in King William’s Town. Johannesburg – Vyf polisiebeamptes is Woensdag in Oos-Londen in hegtenis geneem vir beweerde dwelmhandel. Hierdie gehalte mense is die aangesteldes van ons staatsdiens!
Hierdie beriggewing gaan oor hoë profiel gebeurtenisse. Maar dit gaan ook verder. Wat van ons mense in ons eie omgewing. Is hulle onkreukbaar eerlik en opreg as dit gaan oor dienslewering? Weereens sê ek en ons almal – Wees eerlik in die kleine en dan sal die groot dinge ook eerlik wees.
Verantwoordelike waterval. As die leiers eerbaarheid, etiek en waarheid uitleef, sal die “waterval” beginsel afwater na die laagste vlak.
Die Grondwet is geskoei op verantwoordbaarheid, openheid en eerlikheid. As die presidensie dit só moeilik vind om dié grondbeginsels uit te leef, hoe verwag Zuma dat direkteurs-generaal en mindere amptenare soos plaaslike stadsraadlede dit moet doen? En dan sê hy die uitroei van wanbesteding en swak regering is sy erns. Die keiser moet nie net aanspraak maak op onkreukbaarheid nie, hy en sy amptenary tot op plaaslike regeringsvlak moet dit sigbaar uitleef. Die Grondwet vereis dit van u as lid van die Matzikama Munisipaliteit, die Raadslede en veral die Burgemeester. Praat die waarheid dan kan ons julle respekteer en weer vir julle stem. Kom ons wys die wêreld dat Matzikama kan skyn as die waarheids voorbeeld in Suid Afrika!

Van vrees genees

Vanoggend sit ek weer hier voor my rekenaar. En bitter dankbaar dat ek kan.
Gister oggend het ek bitter vaal gevoel, haastig na ons pragtige dokter Tredoux in Klawer en 11 uur was ek in die Vredendal hospitaal.
Daar moet ek erken, die diens was uitsonderlik met omgee en gehalte vanaf die opname toonbank, die Xtrale en toe die saal waar Suster Prins veral my baie profesioneel behandel het. Dankie julle almal.
Waar ek voorheen baie gesond en aktief was was die gedagte van 'n hospitaal vir my 'n nagmerrie oor al die stories. Ons hier op die Weskus is bevoorreg om 'n hospitaal van die gehalte tot ons bekikking te he.

Saturday, April 27, 2013

BLATANTE OPTREDE

Daar is so baie blatante misbruik van mag en geld in Suid Afrika dat die lys langer as die beskikbare papier is. Maar, die bekendstelling van Transnet se misbruik van pensionarisse se geld span vir my die kroon van doelbewuste aftakeling van die waarde sisteme wat mense in hul lewe gebou het. Waar is die gewete in die ANC?
Hoe kan enigeen steeds die lot vertrou. Hulle vuif met staatsgeld, bou paleise met belasting geld en dis alles olraait....want om te steel is reg?
Nou, ter plaatse, ons spog met die daarstelling van die Toeriste Sentrum in Bitterfontein... maar waar is daardie Toeriste sentrum nou? Miskien is dit tyd om vas te stel wat werklik daar gebeur het? Maar sal die politici die “guts” hê om deeglik na te vors hoe sogenaamde drome vermuwe in mislukkings. So ook die storie van die wonder leer vervaardigings eenheid in Beaufort Wes. Meer as ‘n miljoen is daar bestee... en al wat vandag oorbly is die verskeurde drome van die mense wat nou niks het nie.
Dan, na die rede vir die skrywe – soos voorheen gemeld – as jy getrou is in die kleine, kan jy vertrou word met my stem. Soos die voormalige minister wat ewe blatant nie sy rekening betaal nie, soos die bouer wat so tussendeur by jou steel, soos die munisipale amptenaar wat homself nie verwerdig om navrae te beantwoord nie, tot op die hoogste vlak.
Ek sal slegs stem vir die man aan wie ek geld kan leen... en weet, dit sal terugbetaal word. Hoeveel van hulle ken jy?

Friday, April 26, 2013

Te bedel, of leef edel

Om swaar te kry, sonder geld te wees, niemand kan of wil jou help nie.
Hulle het vir jou vervlenterde klere op skool gelag. Soos ‘n klein bedelaar moes jy in ‘n ry staan om ‘n toebroodjie te kry. Na skool was daar geen hulp nie, geen vader, moeder of vriendelike famielid nie.
Jy is pas sestien jaar our, nou alleen in die buitewereld waar jy moet oorleef. Met geleende skoene moes jy die strate instap om werk te soek.
Die verhaal van Suid Afrika …. Maar met ‘n verskil! Dit was ‘n blanke weeskind in 1965.
Ons hoor daagliks die gesanik van mense wat deur die apartheid politiek agtergelaat is. Hulle moet staatsgeld verniet kry dat hulle armmoede kan oorkom.
Die jong wit seun van 1965 moes, in die sweet van sy aangesig self die mas opkom. Selfs dubbel werk doen om deeltyds ‘n graad te studeer. En nog een en meer.
Van niks tot ‘n rolspeler op heelwat velde – met harde werk en toewyding.
Jy moet jou eie lewe uitkerf in die sweet van jou aangesig! Dan kan jy trots in jou omgewing opstaan en met reguit rugmurg die straat afstap. Dan bedel jy nie, dan verdien jy elke krummel kos wat jy eet.
‘n Land kan slegs vooruit gaan as daar gewerk word. As elke sent wat die staat deur belasting kry, diensbaar bestee word. ‘n Land kan slegs vooruit gaan as ons almal deel van geldskepping word pleks van net verbruikers.
Die vraag was gister, wat gee jy van jouself? Dit is ‘n verhaal wat tog vertel moet word.
Ten spyte van my agtergrond het ek die “help ding” probeer. Twee jaar lank ‘n groepie geleer om te vervaardig, ‘n sake onderneming vir hulself te bedryf.... en pleks van ‘n dankie het ek ‘n mes in my rug gekry.
Ek het grootgeword met die geloof – SELF ‘N HOND BYT NIE DIE EEN WAT HOM VOED NIE”. Dis nie waar nie.
Onthou, EENDRAG MAAK MAG. Kom ons staan saam in die Matzikama streek en stem reg sodat die mense wat regtig wil dien ons verteenwoordig – mense met onkreukbare etiek en ‘n waardestelsel waarop ons kan trots wees.