Om swaar te kry, sonder geld te wees, niemand kan of wil jou help nie.
Hulle het vir jou vervlenterde klere op skool gelag. Soos ‘n klein bedelaar moes jy in ‘n ry staan om ‘n toebroodjie te kry. Na skool was daar geen hulp nie, geen vader, moeder of vriendelike famielid nie.
Jy is pas sestien jaar our, nou alleen in die buitewereld waar jy moet oorleef. Met geleende skoene moes jy die strate instap om werk te soek.
Die verhaal van Suid Afrika …. Maar met ‘n verskil! Dit was ‘n blanke weeskind in 1965.
Ons hoor daagliks die gesanik van mense wat deur die apartheid politiek agtergelaat is. Hulle moet staatsgeld verniet kry dat hulle armmoede kan oorkom.
Die jong wit seun van 1965 moes, in die sweet van sy aangesig self die mas opkom. Selfs dubbel werk doen om deeltyds ‘n graad te studeer. En nog een en meer.
Van niks tot ‘n rolspeler op heelwat velde – met harde werk en toewyding.
Jy moet jou eie lewe uitkerf in die sweet van jou aangesig! Dan kan jy trots in jou omgewing opstaan en met reguit rugmurg die straat afstap. Dan bedel jy nie, dan verdien jy elke krummel kos wat jy eet.
‘n Land kan slegs vooruit gaan as daar gewerk word. As elke sent wat die staat deur belasting kry, diensbaar bestee word. ‘n Land kan slegs vooruit gaan as ons almal deel van geldskepping word pleks van net verbruikers.
Die vraag was gister, wat gee jy van jouself? Dit is ‘n verhaal wat tog vertel moet word.
Ten spyte van my agtergrond het ek die “help ding” probeer. Twee jaar lank ‘n groepie geleer om te vervaardig, ‘n sake onderneming vir hulself te bedryf.... en pleks van ‘n dankie het ek ‘n mes in my rug gekry.
Ek het grootgeword met die geloof – SELF ‘N HOND BYT NIE DIE EEN WAT HOM VOED NIE”. Dis nie waar nie.
Onthou, EENDRAG MAAK MAG. Kom ons staan saam in die Matzikama streek en stem reg sodat die mense wat regtig wil dien ons verteenwoordig – mense met onkreukbare etiek en ‘n waardestelsel waarop ons kan trots wees.